Twee Kerkbode-artikels wat gemeenteleiers dalk sal intresseer.
WENKE VIR VIRTUELE PASTORAAT
Daar is ’n nuwe land wat ons almal betree. Ek hou daarvan om daaraan te dink as die land van die Korona-kuberruimte. En soos by enige land, kry ons ’n stempel vir elke grens waardeur ons beweeg. Die meeste van ons het al die Prediking-grenspos oorgesteek. Ons het geleer van Facebook live, Zoom-gesprekke en video-redigering. Maar nou moet ons deur die Pastoraat-grenspos beweeg.
LEIERSKAP IN ’N TYD VAN KRISIS – VERLEENTHEID OF GELEENTHEID?
In krisistye is dit ’n kwessie van aanpas en innoveer, of uitsterf, skryf Jurie Vermeulen.
Mense word tans wêreldwyd gyselaar gehou deur ’n kwaadwillige vyand wat so mikroskopies klein is, dat dit onsigbaar is met die blote oog. Daar word beraam dat 30% van die wêreld se bevolking tans een of ander vorm van kwarantyn of staat van inperking verduur. Skielik duik die woord “lockdown” (inperking) oral op waar jy ook al in die wêreld kyk. Ek sien deesdae artikels oor lockdown cooking, lockdown exercise, lockdown working, lockdown living, lockdown entertainment en selfs, lockdown traveling.