Play Video

Covid-19 is niks anders nie as ’n troefkaart wat nie net die kerk nie, maar die ganse mensdom tref en grootskaalse onsekerheid veroorsaak. Die impak daarvan op die onmiddellike en die afsienbare toekoms is onvoorspelbaar en onbekend. Ons is nog maar aan die begin van die leerkurwe. Niks keer ons om saam te leer nie – en daarom hierdie gereedskapkis wat ons sal aanvul soos omstandighede verander.

Die kerk, gemeentes en lidmate se gemeenskapsbetrokkenheid in krisistye - 'n toolkit

Play Video

Bly by die feite! Daar is niks wat onsekerheid so verdiep soos fopnuus nie. Kry die feite oor die Koronavirus hier en sê presies wat nodig is – nie te veel nie – nie te min nie.

Suid Afrika se amptelike en volledige webbladsy, met algemene inligting, statistieke, riglyne en regulasies

Nuutste regulasies rakende begrafnisse

Meer inligting oor die virus self is te kry by die NICD (The National Institute for Communicable Diseases)

Die amptelike, volledige lys van noodsaaklike dienste (essential services)

Gesaghebbende inligting en statistieke oor wat wêreldwyd aan die gebeur is. Hoe vergelyk SA met ander lande?

Die staat publiseer alle amptelike besluite en bepalings rakende Covid-19 in die amptelike Staatskoerant of die “Government Gazette”.

Amptelike inligting – NG Kerk Algemene Sinode

Vir navrae rakende die amptelike beleid rondom fisiese hulpverlening, armoedeverligting, kos- en kospakkieverspreiding in jou provinsie, raadpleeg jou plaaslike provinsiale Departement van Sosiale Dienste (Department of Social Development). Die regulasies verskil van provinsie tot provinsie - daarom is dit nie moontlik om hier ’n sentrale kontak te plaas nie. Die KMDR-webblad kan ook geraadpleeg word vir kontakgegewens van al die NG Kerk se 10 Maatskaplike Dienste-organisasies waar inligting ook beskikbaar sal wees.

Play Video

Om sin te maak vir ons rol en roeping nou as kerk moet ons ’n greep kry op die groter kompleksiteit. Die wetenskap en tendense in lande waar die uitbreek van die virus ons situasie hier voorafgegaan het; die impak op wêreldekonomie; die sosiale impak op mense; ekologiese realiteite in hierdie tyd – is alles deel van die groter prentjie wat ons informeer.

Hoe raak die grendeltyd besigheid in Suid-Afrika?

Watter scenario’s is daar? Die bekende Clem Sunter gee sy mening.

Politiek: sosio-kulturele impak: Die teoloog en politieke kommentator, Tinyiko Maluleke, gee sy mening.

Sielkundig: ’n Insigartikel van die World Health Organisation.

Ekologies: Elize Tempelhoff se mooi artikel in Beeld.

Leierskap: “Leadership in an Age of uncertainty” MIT Sloan. Dit word ook as riglyn gebruik in die VBO-program: Sosiaal Innoverende Samewerkende Leierskap, Ontwerp en aangebied deur die Skool vir Sosiale Innovasie, Hugenote Kollege.

Play Video

En nou moet ons ’n skietlood aanlê – moet ons ’n fyn aanvoeling kry – gelei word deur Woord en Gees – om in voeling met die Drie-Enige God deur hierdie woestyntyd te reis.

Liturgiese hulp en nadenke

Pastorale hulp en nadenke:

God en Lyding

VBO-aanlynkursusse

Ander aanlynhulpbronne en teologiese besinning

  • Teologie in die Tyd van Covid-19, ‘n VBO-kursus aangebied deur prof. Nico Koopman (Covid 19 en Menswaardigheid), prof. Robert Vosloo (Hoe praat ons oor God in hierdie tyd?), prof. Danie Veldsman (Geloof en Wetenskap) en dr. Nadia Marais (Teologiese Ekologie).
  • Hoe het die Vroeë Kerk siekte-epidemies hanteer: ook ander relevante teologiese en bedieninsgvrae deur die bekende Evangeliese tydskrif Christianity Today.
Play Video

Die kreatiwiteit waarmee gemeentes en leraars ratte verwissel het en op die werklikheid en die nood begin reageer het, is verstommend. Die stories is in hierdie gereedskapskis en ons kan begin om die blokkieskombers van getuienisse en ervarings – wat werk en wat nie werk nie – met mekaar te begin deel. 

Hoe gemaak as 'n ramp ons tref?

Hoe begin ek ’n ekumeniese netwerk in my gemeenskap?

Publieke getuienis

  • Hoe begin ek ’n gesprek met die staatsinstellings en leiers in my gemeenskap?
    • Binnekort Beskikbaar

Voedingskemas/kosvoorsiening/kospakkies

Praktiese raad vir gemeentes:

Praktiese raad vir leraars

Maak kontak en dra by

Ons sal graag van julle wil hoor met idees en insette en webskakels wat julle gevind het en wat julle met ander kan deel. Dan sal ons ook graag julle stories wil vertel. Skakel ons gerus met julle verhale en ons sal verder reël vir die opneem daarvan en die plasing op die webwerf sodat almal dit kan hoor.

Kontak gerus vir: