Kerkmusiek

SANG EN MUSIEK VIR JOU GEMEENTE SE AANLYN EREDIENS

By KiesKerk sien ons hoe gemeentes met aanlyn eredienste eksperimenteer. Een van die grootste tekorte is pasklaar musiek om te gebruik.
KiesKerk se KERKMUSIEK wil julle hiermee help.
In vennootskap met TRAXTUDIO bied ons ‘n bekostigbare aanlyn diens aan om julle met die liturgiese vloei van die aanlyn eredienste te help. 
Die musiek wat julle dan deel van julle aanlyn erediens kan maak, begelei gemeentelede aan die ander kant van die skerm in sang en aanbidding. Aanlyn eredienste vervang nie gemeentesang nie; tog help dit mense om ook deur musiek aan julle eredienste deel te neem.

Die musieksnitte, in die styl van julle keuse,
spesifiek vir julle gemeente ontwikkel.

In ‘n neutedop

TRAXTUDIO doen die opnames en tegniese versorging van die snitte en stel dit in mp3 formaat beskikbaar.

 

Verryk jou aanlyn erediens met bekostigbare musiek,

pasklaar ontwikkel vir julle gemeente.

 
In hierdie stadium het ons vier dae nodig om ‘n snit te voltooi.

 

Voorbeeld: VONKK 227 – klassieke styl

Voorbeeld: Lied 423 – klassieke styl

 

Bestel mp3 snitte