’n Versamelpunt vir digitale bediening

In reaksie op die reuse-uitdagings wat die koronavirus tans aan ons samelewing stel, wil Bybel-Media mense op hierdie platform met ’n spesifieke behoefte help: Hoe om in kontak te bly met ’n gemeenskap van gelowiges te midde van streng perke op sosiale byeenkomste soos eredienste.

Ons doel met hierdie platform is om ’n plek te skep waar webgebruikers eredienste maklik kan vind en waar inhoudskeppers op hul beurt ons aanlyngehore maklik kan bereik.

Vele gemeentes is reeds ou hande as dit kom by regstreekse uitsendings (“live streaming”) en praat Sondag na Sondag op hierdie wyse met honderde kuberkerkgangers via platforms soos YouTube en Facebook se regstreekse funksionaliteite. Ander gemeentes het nog nie dinge in plek vir sulke tegnologiese oplossings nie. Ander gebruik weer vindingryke alternatiewe wyses om “saam te wees” in ’n tyd waar juis dit vir almal moeilik is.

Hierdie platform is in ’n ontwikkelingsfase en ons deur is oop vir nog medewerkers en terugvoer. Ons leer, tesame met alle gemeentes in ons netwerke, hoe om die gesondheidskrisis in ons land en soveel ander lande, die hoof te probeer bied deur eenvoudige sinvolle aksies.

Vrae wat ons gereeld ontvang

Nee. Gemeentes van verskillende kerkverbande is welkom om by KiesKerk aan te sluit.

Dit is gratis vir gemeentes om by KiesKerk aan te sluit.

Gemeentes wat lewendige uitsendings maak, sowel as gemeentes wat hule erediens of boodskap vóór die Sondag opneem, is welkom om aan te sluit.

Ons plaas graag klankopnames van boodskappe of volledige eredienste.

Besoekers aan kieskerk.com sal opmerk dat daar ’n dankoffer-opsie by sommige gemeentes is. Dit is opsioneel. Bydraes wat só gemaak word, gaan direk na daardie spesifieke gemeente.

KiesKerk is ’n samewerkingsprojek tussen Bybel-Media as uitgewer en Kerkbode as ’n kerklike nuusdiens.

Vir enige ander navrae, kontak Lenois Stander: [email protected]

Lees meer oor die NG Kerk se reaksie op die pandemie die afgelope week