Mekaar

Hou kontak – moet mekaar nie onnodig ontmoet nie
Wees diensbaar teenoor mekaar – moenie voorraad opgaar nie
Reik uit na mekaar – moet mekaar nie afskeep nie
Hou kreatief kontak – moenie omgee-aksies stopsit nie
Bid vir mekaar – moet mekaar nie vergeet nie
Maak beursies oop vir armes – moenie nou geld krampagtig vashou nie
Stuur vir mekaar boodskappe – moenie kontak verbreek nie
Betaal werkers – moenie lone weerhou nie
Versorg mekaar verantwoordelik – moenie ander blootstel nie

Sien om na mekaar – Hebreërs 10:24
Spoor mekaar aan tot liefde en goeie dade – Hebreërs 10:24
Wees gasvry teenoor mekaar. – 1 Petrus 4:9
Wees geduldig met mekaar – Kolossense 3:13
Troos mekaar – 1 Tessalonisense 4:18
Praat mekaar moed in – 1 Tessalonisense5:11
Verdra mekaar in liefde – Efesiërs 4:2
Wees aan mekaar onderdanig – Efesiërs 5:21
Dien mekaar in liefde – Galasiërs 5:13
Dra mekaar se laste – Galasiërs 6:2
Groet mekaar – Romeine 16:16
Aanvaar mekaar – Romeine 15:7
Betoon hartlike liefde teenoor mekaar – Romeine 12:10
Vergewe mekaar – Kolossense 3:13
Julle moet mekaar liefhê – Johannes 14:34
Was mekaar se voete – Johannes 13:14