In hierdie tyd van groot onsekerheid is daar een ding wat ons verseker weet: Vir die volgende 21 dae gaan ons baie tyd saam met ons huismense deurbring. Dit gee ons dalk die tyd om ’n paar nuwe huisgewoontes te skep en op hierdie manier vir God in die gewone te sien en te ervaar. Tish Harrison Warren skryf: “We are shaped every day, whether we know it or not, by practices – rituals and liturgies that make us who we are. We receive these practices – which are often rote – not only from the church or the Scriptures, but from the culture … The question is, What kind of Christian is our liturgy forming us to be?” Deur nuwe gebruike of gewoontes te vestig (wat Harrison Warren ’n liturgie vir die lewe noem) kan ons moontlik ons verhouding met God en ons medemens versterk.