Nuusflits!
Ons het soveel positiewe terugvoering ontvang van gebruikers van die Aftelkalender. En ons is dankbaar dat dit baie mense deur hierdie vreemde tyd in die lewe kon ondersteun en help. Ons voel egter dit is nou tyd vir ’n verandering. Moenie bekommerd wees nie, ons neem nie die oordenkings, gebede en kinderaktiwiteite weg nie. Ons verander net die voorkoms en naam van die dag se geestelike padkos.
Vanaf Maandag 25 Mei 2020 sal dit Inspirasie vir vandag genoem word.