Hoe maak ons weer eredienste oop?

Die regering het op 26 Mei 2020 aangekondig dat plekke van aanbidding met die aanvang van vlak 3 van die inperking (1 Junie 2020) eredienste kan hervat. Eredienste kan egter slegs plaasvind wanneer daar aan die vereistes voldoen word, soos uiteengesit in die staatskoerant.

Die vraag ontstaan nou: Hoe kan gemeentes, binne die grense van die regering se vereistes, sinvol en kreatief te werk gaan om op hierdie veranderende landskap te reageer? Gemeentes sal hierdie vraag verskillend antwoord, afhangende van elkeen se konteks en vertrekpunte.
 
Wat ons wel na twee maande van grendeltyd weet is dat gemeentes oor meer innoverende kapasiteit beskik as wat ons gedink het. Kom ons benut hierdie kapasiteit ook in hierdie nuwe fase en leer by mekaar oor hoe en wanneer ons die “oopmaak” kan hanteer. 

Leer saam en help mekaar

Ons wil gemeenteleiers uitnooi om hierdie blad te gebruik om voorstelle te deel wat ander gemeentes kan help. Voorstelle wat ons via hierdie blad ontvang en wel aan die regering se vereistes voldoen, word dan hieronder geplaas sodat ander daarby kan baat. 

[gravityform id="2" title="false" description="false"]