Dieper

Een ding wat ‘n groot krisis aan mens doen, is om jou te help om deur die oppervlak te breek en dieper te gaan.

Dieper te dink.
Dieper te voel.
Dieper waar te neem.
Dieper te verwoord.

Daarom, in hierdie tyd, laat jouself toe om hierdie pad van verdieping te loop.

Vergewe daai persoon.
Gebruik jou tyd wyslik.
Ruik die kos op jou bord.
Voel die wind op jou arms.

Hê met jou hele hart lief.

Ds. Rudi Swanepoel