Hierdie les dien as kategese en kinderkerk vir die graad 1-3 kinders, maar kleuters sal ook daarby kan aanklank vind. In hierdie les sal die grootste gedeelte van die les uit die onderstaande video bestaan. Kyk en luister mooi. Daar is ook bykomende inligting en besprekingsvrae wat julle in die gesin kan bespreek.
God het alles wonderlike geskep, ook my en jou!
Ons lees in Genesis hoe wonderlik God die aarde gemaak het. Hy het oor alles wat Hy gemaak het, gesê dit is goed. Hy sê dit ook oor jou, want HY het jou uniek gemaak!! Daarom kan ons weet ons kan as kinders van God voluit leef en bly wees dat Hy ons gemaak het. Ons is SYNE!
Besprekingsvrae vir die gesin
1. Vertel vir jou gesin hoekom jy van hulle hou?
2. Wat dink jy is jou beste eienskap?
3. Hoe kan ons as gesin mekaar altyd ondersteun?
4. Beplan om iets lekker as gesin te doen om God se skepping te vier!
Gebed
Here, dankie dat U my gemaak het! Dankie dat U my ma en pa, broer en sussie gemaak het. Dankie vir alles in U skepping. Ek is lief vir U! Amen.